Suid Afrika se Diva!! maak haar verhoogdebuut op 5 jarige ouderdom en neem gedurende haar skoolloopbaan aan verskeie verhoogproduksies deel. Daarna volg drama studies aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy ook sang onderrig ontvang van Prof. George van der Spuy.
Arina woon daarna vir ‘n paar jaar in Namibia waar sy bekendheid verwerf met verskeie TV – en Swaruk – musiek en drama produksies en as wenner van ‘n nationale musiekkompetisie.
Sy maak haar SA televisie buiging in Spies en Plessis met haar en Jan Spies se liedjie “Rietjiesfluit”. Sy vestig haar daarna in Pretoria en haar debuut CD word in 1992 vrygestel. Die album sluit o.a. “Wals van die Somer” en Skatkis vol Drome” in. Op “No Regrets” haar volgende album wat in 1994 uitgereik is, is talle immergewilde, romantiese treffers in Engels en Frans.
In 1996 verskyn ‘n Afrikaanse album “Voorbegin” met talle gewilde radiotreffers. Dit word gevolg met die baie
Continue reading…